Local sportSport

Hou vir hou vir Wes-Rand boksers

Verskeie klubs van regoor die Wes-Rand het onlangs aan Randgate Boksklub se eerste bokstoernooi deelgeneem.

Randgate Boksklub het onlangs hul eerste toernooi van die jaar aangebied om boksers te bemagtig en op te hef.

Die hoofafrigter, Willie Consalves, het verduidelik dat hulle hul slag teen verskeie klubs aan die Wes-Rand gewys het. Dit sluit in Krugersdorp-Wes, Bekkersdal, Vikings en Protearif.

Dit was ’n suksesvolle toernooi aangesien dit die eerste vir die jaar was en drie van ons boksers het deelgeneem,” sê Willie.

Hy het bygevoeg, “Ons sal dit waardeer as die gemeenskap ons ‘n bietjie sal ondersteun deur te kom boks kyk wanneer ons nog ‘n toernooi het.”

Jason Nienaber en Muzuvele Sibaya. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button