Local sportSport

Teine 1e-span terug op die wenpad teen Wanderers

Vier van Teine se spanne was aan die wenkant teen Wanderers in die Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks.

Randfontein Rugbyklub het groot sukses behaal teen Wanderers Rugbyklub in hul jongste Castle Lager Pirates Groot Uitdaagreeks-ligastryd.

• Lees ook: Raiders sorg vir Teine se eerste liga-loesing

Al vyf van Teine se spanne was weer in aksie, met almal aan die wenkant behalwe die tweede span.

Die o19-span het met ’n wegholsege van 50–3 gespog. Dylan Jacobs, Sibusiso Pitso, Zac Smith en Jeandre Fourie het elk een drie gedruk, terwyl Vuoy Gwenxane en Owarabile Mogomotsi elk twee drieë aangeteken het. Zac Smith was ook suksesvol met vyf doelskoppe.

Die o21-span het groot veggees gewys, maar moes tevrede wees met ’n 24–24-gelykopuitslag. Nelson Ntshwaxu, Kuster Matyalana, Beninie Paich en Thabang Ndhlovu het elk een drie gedruk, terwyl Devlin du Preez twee doelskoppe oorgeskop het.

Rudi Marx maak gereed om die bal te skop.

Teine se derde span het die skare laat juig met ’n naelbytsege van 31–26. Akhona Tshrana en Bonginkhosi Fana het elk een drie gedruk, en Desire Serelepele het twee drieë aangeteken. Ewald Oberholzer het vier doelskoppe en een strafskop oorgeskop.

Alhoewel Teine se tweede span hul alles gegee het, het hulle net-net vasgeval met ’n telling van 18–15 – ’n nederlaag van slegs drie punte.

Die eerste span het egter trots herstel en ses drieë gedruk vir ’n 38–34-oorwinning. Driedrukkers was Wessel van Staden, Franco Tiedt, Jacqone de Villiers en Dylan Viviers (elk een), terwyl Tristan Dulliseur met twee drieë kon spog.

Janco Tiedt het vier doelskoppe suksesvol oorgeskop.

Rudi Marx hardloop met die bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button