Sport

Faygee Boys: Rugbydroom wat jongmense van die strate afhou

Faygee Boys Rugbyklub het die gemeenskap se hulp nodig om te bou en 'n verskil in die lewens van die jeug te maak.

Faygee Boys Rugbyklub in Toekomsrus is gestig met die doel om jongmense van die strate af te hou – nou het hulle die gemeenskap se ondersteuning nodig om dié droom te verwesenlik.

Stigter en afrigter Fabian Wilson vertel dat die rugbyklub in 2023 tot stand gekom het. Hy erken dit was ’n uitdaging, aangesien hulle nie oor behoorlike sportgronde beskik om op te oefen nie, maar sê hulle gee steeds hul beste.

Hy deel hoe die idee vir die klub ontstaan het:

“Met gewillige kinders wat nog nooit ondersteuning gehad het nie, en omdat plaaslike skole nie meer rugby as sport aanbied nie, kan hulle nou hier kom speel. Met die hoë misdaadsyfers en dwelms is die klub ’n manier om die kinders daarvan weg te hou,” sê hy.

Die klub se grootste doel is om misdaad en dwelmmisbruik onder die jeug te bekamp.

Tans het hulle 17 lede en enigiemand is welkom om aan te sluit. Omdat daar geen lidmaatskapfooie gevra word nie, is hulle egter afhanklik van donasies.

Hulle benodig onder meer rugbyballe, sakke, truie, kouse en skoene. Finansiële ondersteuning is ook dringend nodig, aangesien baie van die lede se ouers werkloos is.

Enigiemand wat wil bydra, kan Fabian Wilson kontak by 062 889 2066 of die klub se BackaBuddy-blad besoek by:
https://www.backabuddy.co.za/campaign/equipment-needed

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button