Sport

Pret en putjies by Randfontein Rugbyklub se gholfdag

Lede van Teine het hul tokse vir een dag verruil vir gholfstokke tydens ’n fondsinsamelings-gholfdag – alles vir ’n waardige doel in hul gemeenskap.

Families en vriende het onlangs saamgetrek vir ’n dag van genot toe Randfontein Rugbyklub se komiteelede die Greenhills-stadion in ’n gholfbaan omskep het.

Hoewel die dag bitter koud begin het, het almal vinnig iets gevind om die oggend warmer te maak. Die winterkoue het sommige tuis gehou, maar diegene wat dit bygewoon het, het met pryse huis toe gegaan.

Volgens komiteelid Juan Maritz was die hoofdoel van die dag om gesinne betrokke te kry en die sport van gholf verder te bevorder.

Johan Cronje mik vir die putjie.

“Die fokus was om fondse in te samel vir minderbevoorregte rugbyspelers, asook om te wys dat Randfontein Rugbyklub só ’n geleentheid vir jonk en oud kan aanbied,” het hy gesê.

Die rugbyklub het ook elke borg bedank wat tot die dag bygedra het.

Nardus Pretorius fokus om te wen.

“Die volgende gholfdag kan net groter en beter wees, aangesien ons beplan om ’n jaareind-gholfdag aan die einde van November aan te bied. Spesiale dank aan die Randfontein Rugbyklub se komitee wat gehelp het om hierdie suksesvolle dag moontlik te maak,” het Juan afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button