Sport

Randfontein Rugbyklub se juniors blink uit, seniors sukkel teen Raiders

Randfontein Rugbyklub het rede om trots te wees op hul junior spanne wat uitstekend teen Raiders gevaar het, maar ongelukkig kon die drie senior spanne nie die mas opkom nie.

Randfontein Rugbyklub kan trots wees op hul juniors nadat albei spanne aan die wenkant was, maar die seniors het ongelukkig swaargekry in ’n ligawedstryd teen Raiders op 12 Julie.

Die o.19-span het ’n puik oorwinning van 33–17 behaal. Malani Mathebula, Sibusiso Pitso, Zander Campher, Gontse Malepe en Vuyolwethu Gwenxane het elk ’n drie gedruk, terwyl Zander Campher vier doelskoppe suksesvol oorgeskop het. Zander en AJ Wray is saam as Manne van die Wedstryd aangewys.

Die o.21’s het ook nie teleurgestel nie en in ’n naelbytstryd met 18–16 geseëvier. Themba Zulu en Sammy Xaba het drieë gedruk, en Oarabile Tlhatlhedi het een doelskop en twee strafskoppe aangeteken. Joodré de Beer en Themba is saam as Manne van die Wedstryd benoem.

Tiaan Naudè korrel pale toe.

By die seniors was dit ’n moeilike dag op kantoor.

Die derde span het ’n spanningsvolle 18–elk gelykop behaal. Frikkie Willemse en Ewald Oberholzer het elk ’n drie gedruk, met Ewald wat boonop ’n doelskop en twee strafskoppe aangeteken het. Quintin Korb is as Man van die Wedstryd aangewys.

Teine se Barend Steyn.

Die tweede span sal teleurgesteld wees met hul 49–0 nederlaag, terwyl die eerste span ook die knie moes buig met ’n telling van 41–17. Franco Schutte en Mornè Piater was die driedrukkers, Rudi Marx het een doelskop behaal en Janco Tiedt het ’n doelskop én ’n strafskop oorgeskop.

Teine se damesspan is ook met 28–0 geklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button