Sport

Krieketklub vier sterre en stel nuwe leiers aan

Benewens Randfontein Krieketklub se sterspelers wat by die toekenningseremonie vereer is, het die klub ook hul nuwe komiteelede voorgestel.

Verskeie sterspelers was in die kollig en is vir hul uitstaande bydraes beloon tydens Randfontein Krieketklub se senior prysuitdeling.

Volgens klubwoordvoerder Marsha Coetzer was die spelers die afgelope seisoen besonders kompeterend, en die prysuitdeling het gewys dat hul harde werk vrugte afgewerp het.

Die hoogtepunt van die aand was die toekenning van Senior Speler van die Jaar, wat aan John van Rensburg toegeken is vir sy indrukwekkende prestasies.

Jaco Viljoen (krieket direkteur), Ernst Louw (Beste Kolwer) en Jimmy Reynolds (president).

Die toekennings vir die seisoen is as volg:

Kolwers
• Prem B – Riaan Delport
• Pres A – Linaldo Phillips
• Su4 – Corné Nel
• SA2 – Riaan Delport
• Black Widow – Ernst Louw
• Macrocomm – Ernst Louw

Boulers
• Prem B – John van Rensburg
• Pres A – Marchant Pretorius
• Su4 – Regard Lubbe
• SA2 – John van Rensburg
• Black Widow – Michael Montgomery
• Macrocomm – Danie Button

Benewens die prysuitdeling is die jaarvergadering gehou, waartydens Tertius Bootha as nuwe vise-president ingestem is. Ernst Louw is as klubkaptein aangewys en het beloof om die klub met trots en deursettingsvermoë te lei.

Jaco Viljoen (krieket direkteur), Riaan Delport (Premier B en SA2 Kolwer van die Jaar) en Jimmy Reynolds (president).

Die res van die lede wat by die vergadering ingestem is, is as volg:
• President: Jimmy Reynolds
• Tesourier: Rison Woodcock
• Sekretaresse: Yolanda Klop Zaayman
• Krieket direkteur: Jaco Viljoen
• Juniors verteenwoordiger: Johan Koen
• Senior verteenwoordiger: Sam Tsabalala
• Bemarking: Marsha Coetzer

Vir meer inligting, kontak Jaco Viljoen by 084 771 1139.

“Die klub sien met groot opgewondenheid uit na ‘n nuwe seisoen vol krieketaksie en nuwe hoogtepunte,” het Marsha afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button