Sport

Nuweling Juan (10) slaan vinnig naam los by Randgate Boksklub

Die 10-jarige Juan van Dyk is een van die mees gedrewe boksers by die Randgate Boksklub, en hy deel ’n bietjie meer oor sy toekomsdrome.

Al het Juan van Dyk (10) eers onlangs by die Randgate Boksklub aangesluit, het hy reeds die kollig gesteel met sy toewyding in die bokskryt.

Hy het sy fiksheidsreis begin deur te draf, maar het gou besef dat dit eintlik boks is waarvoor hy ’n passie het. In Februarie vanjaar het hy by die klub aangesluit.

Volgens sy afrigter, Willie Consalves, werk Juan gedurig daaraan om sy vaardighede te verbeter.

Juan begin sy oefensessie met touspring, waarna hy strekke op die mat doen. Daarna beweeg hy na die slaansakke om sy houe te slyp, en eindig met praktiese oefening in die kryt saam met ’n mede-bokser.

Hy sê dit is redelik maklik om sy skoolwerk en sy passie vir boks te balanseer. Hy maak altyd tyd om te oefen, al het hy al ’n paar uitdagings in die pad teëgekom.

“My eerste boksgeveg het ek verloor. Dit is baie skrikwekkend om die opponent in die gesig te staar, maar al wat ek doen is om myself te verseker dat alles okay sal wees,” het hy gesê.

Een van sy trotste oomblikke was toe hy ’n geveg gewen het, nog voordat hy sy boksboekie by die klub verwerf het.

Sy grootste rolmodel is John Cena, en volgens Juan is hy ’n baie goeie stoeier wat nooit sy opponent seer wil maak nie.

“Ek dink ek gaan ’n kampioen word en baie gevegte wen. Ek glo jy kan enigiets doen as jy daarin glo en hard werk,” het Juan gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button