Sport

Jaunrey Zaayman vir derde jaar in ’n ry vir Gauteng Lions gekies

Jaunrey Zaayman is vir die derde jaar agtereenvolgens vir die Gauteng Lions gekies ná jare se harde werk en toewyding.

Jarelange speler van Randfontein Krieketklub, Jaunrey Zaayman, is vir die derde jaar agtereenvolgens vir die Gauteng Lions gekies.

Jaunrey het vertel dat hy reeds op vyfjarige ouderdom ernstig met krieket begin het. Hy het toe vir Randfontein Krieketklub se o9-span begin speel en op ses vir Laerskool Rapportryer se o9-span. Net drie jaar later het hy reeds vir die eerste span begin speel.

Tans is hy deel van Hoërskool Monument se eerste span en is onlangs ook vir die o15-Lionspan gekies.

“Dis ’n ongelooflike gevoel. Dis iets waarvoor ek hard gewerk het, en ek is baie dankbaar om dit te kon bereik,” sê Jaunrey.

Jason Woodcock van die junior span. Foto ingestuur

Hy verduidelik dat elke speler deur ’n keuringsproses gaan en dat hy daagliks geoefen het om voor te berei.
“Jy moet elke dag iets doen om beter te word. Dis nie net talent nie; dis toewyding en deursettingsvermoë,” sê hy.

Jaunrey voeg by: “Ek is baie trots om vir die Gauteng Lions gekies te wees. Dis nou my derde jaar in ’n ry wat ek die span maak. Dit wys dat harde werk werklik vrugte afwerp.”

Aan ander jong spelers raai hy: “Glo in jouself en werk elke dag aan jou droom. Niks gebeur oornag nie – jy moet bereid wees om die moeite te doen.”

Hy hoop om aan te hou groei en eendag professioneel te speel.

Volgens klubtesourier Rison Woodcock het die klub se junior span onlangs hul seisoen afgeskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button