Sport

Rugbyklub vergader oor visie, missie en verandering vir 2026

Randfontein Rugbyklub, bekend as Teine, het nie net visie en doelwitte vir 2026 bespreek nie, maar ook hul nuwe komitee verkies.

Randfontein Rugbyklub het onlangs hul jaarlikse algemene vergadering gehou, waar die klub se visie, planne en verwagtinge vir 2026 bespreek is.

Voorsitter Johan Cronjè het verwys na Matteus 14:22–33, waarin Jesus vir Petrus nooi om saam met Hom op die water te loop.

“Terwyl Petrus op die water geloop het, het hy begin sink omdat hy sy fokus verloor het. Die jaar was vir die klub soortgelyk aan Petrus se ervaring – maar ons het nooit alleen gestaan nie. Wanneer ons weer opnuut fokus, word ons bo die water gehou,” het Johan verduidelik.

Hy het benadruk dat die klub in 2026 hoop en geloof wil bring, waar lede saam bou, mekaar ondersteun en saam uitblink.

Bestuur en leierskap

Johan het beklemtoon dat die bestuur effektief en sonder binnepolitiek moet funksioneer, en dat elke posisie ’n duidelike rol en meetbare doelwitte moet hê. Hy het bygevoeg dat leierskap die klub se kultuur moet dra en versterk.

Spelerbestuur

Die klubkultuur begin by die spelers, en die afrigters is verantwoordelik om dit uit te dra. Seleksie sal steeds prestasie-gebaseer wees. Volgens Johan beteken kultuur respek, harde werk en dissipline, wat daagliks sigbaar moet wees tydens oefening en wedstryde. Kultuur word weekliks gemonitor, en afrigters rapporteer direk aan die bestuur.

Afrigting en spelplan

Alle senior spanne moet volgens ’n gesamentlike spelplan werk om ’n eenheid van identiteit te verseker. Weeklikse analise sal fokus op fiksheid en basiese tegniek, met die gebruik van video-analise om sleutelspelers se bydraes en ryfoute te ontleed.

Goue Leeus Rugby Unie (GLRU)

Johan het beklemtoon dat elke lid ten minste een GLRU-vergadering per jaar behoort by te woon. Die klub sal hand-aan-hand met die GLRU werk om te verseker dat kommunikasie professioneel en deeglik hanteer word.

Langtermynvisie

Die klub se vyfjaarplan is om een van die top drie GLRU-klubs te wees en ’n omgewing te skep waar kinders hul drome kan nastreef en volwassenes ’n gemeenskap kan vorm.

“As ons saam speel, is ons ’n span. As ons saam kuier, saam dien en saam werk, is ons ’n familie. ’n Familie dra mekaar, staan saam en verstaan dat ons gee voordat ons ontvang.”

Nuwe komitee

Die volgende komiteelede is tydens die vergadering verkies of herverkies:

• Jannie van Loggerenberg (president)
• Willie Marx (vise-president)
• Dana van Vuuren (erelid)
• Attie van Vuuren (erelid)
• Jannie Tiedt (vise-president)
• Johan Cronje (voorsitter; verstrek 2027)
• Corne Hulme (vise-voorsitter; verstryk 2026)
• Lulu Kleyn (klubbestuurder; verstrek 2027)
• Rudy Janse van Rensburg (kroegbestuurder)
• Andre Pretorius (komiteelid-tesourier)
• Jan Kleyn (klubkaptein)
• Louw Parsons (direkteur van rugby)
• Keith Flynn (sokker verteenwoordiger)
• Rhyno Henning (komiteelid)
• Martin Henning (komiteelid)
• Jooste Henning (komiteelid)
• Johan Lensley (komiteelid)
• Juan Maritz (komiteelid)
• Rhynhardt van der Vyver (komiteelid)
• Martin Joubert (komiteelid)
• Joe Bootha (komiteelid)
• Nico Nortje (buite komiteelid)
• Evert du Plessis (buite komiteelid)
• Koos du Plessis (buite komiteelid)
• Roland Hopkins (buite komiteelid)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Dominique Duvenhage

Dominique Duvenhage joined the Randfontein Herald team in 2023. From a young age, she developed a great fascination with words and language. At the age of 12, she started writing novels and thereafter eventually began to write poems. Being a journalist is not a job for her, it is a career. As your community journalist, she has taken a pledge to write truthfully and reliably.

Related Articles

Back to top button