2025 rugbyseisoen: Teine dra hul tokse met trots
Die rugbyseisoen was intens, maar Randfontein se spanne het getoon dat hulle hul tokse met trots dra.
Randfontein Rugbyklub het hul seisoenresultate bekend gemaak, waarvolgens al hul spanne die seisoen onder die top 10 afgesluit het.
• Eerste span: 10 wedstryde gewen en ses verloor; hulle het in vyfde plek geëindig
• Tweede span: vier wedstryde gewen en 12 verloor; hulle het in agtste plek geëindig
• Derde span: 12 wedstryde gewen en vier verloor; hulle het in derde plek geëindig en is in die semi-finaal teen Raiders Rugbyklub uitgeskakel
• o21-span: vyf wedstryde gewen, 10 verloor en een gelykop; hulle het in sesde plek geëindig
• o.19-span: ses wedstryde gewen en 10 verloor; hulle het algeheel in sesde plek geëindig
• Damespan: drie wedstryde gewen en sewe verloor; hulle het in 10de plek geëindig
“Die klub kan trots wees op die seisoen waarin die spanne hul tokse met trots gedra en sterk teenstand gebied het,” het die klubbestuurder, Lulu Kleyn, gesê.



