Local sport

Jong akrobate kry die balans reg

Twee jong akrobate deel hul passie en liefde vir die sport.

Amoré de Bruyn (10) en Likayla Voster (9) is maats wat saam akrobatiese kunste wil bemeester.

Hulle het aan die Randfontein Herald vertel hoekom die sport hul passie is en hul toekomsplanne gedeel.

Nadat my ma oorlede is, wou ek iets doen waarop sy trots kon wees,” het Amoré uitgespreek.

Sy neem al net twee jaar aan die sport deel, waar sy sedertdien haar provinsiale klere by die Performing Arts of Talent Africa-kompetisie ontvang het. Sy het ook onlangs gekwalifiseer om aan die kompetisie in Spanje deel te neem. Sy het ook haar Stars of the Universe-baadjie ontvang.

Haar grootste droom is om oorsee af te rig en kinders te help wat dit nie kan bekostig nie.

“Die sport leer my selfdissipline, selfbeheersing, die vermoë om hard te werk en nie moed op te gee nie,” het sy gesê.

Amoré het ook raad gegee aan diegene wat graag aan die sport wil deelneem.

Moet nooit handdoek ingooi nie.

“Blom en straal en moet nooit sê ‘ek kan nie’ wanneer jou hart daarop is nie. Hou aan om jou drome te volg want niks in die lewe is maklik nie. Glo en vertrou op die Here om jou te help,” het sy afgesluit.

Likayla het gesê sy is mal oor die sport.

Sy kompeteer al vandat sy twee jaar oud is en haar gunsteling is om na alle kante te buk. Sy het ook haar Stars of the Universe-baadjie verdien. Sy droom daarvan om eendag op te lei en ander te help.

Sy leer elke dag respek, selfvertroue en die waarde van vriendskap wanneer sy aan die sport deelneem. Haar rolmodel is Anna Mcnuty, ‘n Kanadese YouTuber en self-opgeleide lyfknoper (contortionist).

Hou aan en moenie moed opgee nie. Leef jou drome,” het Likayla afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button