Sportman lap sy geheim uit op TV

Geraamtes in die kas val altyd uit.

‘n Sokkerspeler is waarskynlik in die sop wanneer hy by die huis kom nadat hy sy vrou, sy meisie en sy aanhangers vir hul ondersteuning bedank het.

Een so ‘n speler het die blaps begaan tydens ‘n TV-onderhoud nadat hy as speler van die wedstryd aangewys is. Volgens berigte is die man, ‘n buitelander, lid van die Free State Stars-span wat aan die Suid-Afrikaanse Premierliga deelneem. Tydens die onderhoud het die speler eers vertel hoe hy sy aanhangers waardeer, en bedank dan sy vrou en sommer sy meisie ook. Toe hy egter sy fout besef, het hy gou gesê hy’s jammer. Hy het toe sy vrou se naam asook haar troetelnaam genoem en vertel hoe lief hy haar het.

Of hy dit bedoel het, sal net hy weet. Die punt is dat baie mense nou van sy streke weet. Selfs ‘n Britse koerant het hom gespot deur te skryf …”[Person’s name]scored twice in the game and apparently off the pitch“.

Ek praat dit nie goed nie, ek vertel net wat kan gebeur. Beskou dit gerus ook as ‘n wekroep vir mense wat skelmpies aanhou. Geraamtes in die kas val altyd uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button