Entertainment

Kunstenaar droom om mense met sy stem te vermaak

Zandre Human beplan nie om vinnig tou op te gooi nie en wil graag sy talente op die verhoog ten toon stel.

Zandre Human (28) het ’n groot passie vir musiek en toer deur dele van Suid-Afrika sodat almal sy stem kan hoor.

• Lees ook: Bekende sanger besoek Randfontein

Hy het verduidelik dat musiek sy lewe is en hy het op die ouderdom van sewe begin sing. Hy het gedurende 2020 op die verhoog begin optree.

Dit is nie net ‘n stokperdjie nie. Dit is baie meer as dit, want dit dien ‘n groot doel in my lewe.

“Ek doen dit as ‘n passie en daarom is dit nie net vir my lekker nie, maar ‘n noodsaaklikheid,” het hy uitgespreek.

Volgens hom het sy musiekloopbaan sedert 2022 ’n hupstoot gekry.

“Liefde wat Brand, wat in 2022 uitgekom het, het my loopbaan laat floreer,” het hy genoem.

Zandre droom daarvan om eendag voltyds op sy musiekloopbaan te fokus. Hoewel dit ’n groot fokuspunt van sy lewe is, het hy verduidelik dat hy steeds ’n voltydse werk moet behou. Daarom sal hy graag eendag op die verhoog wil sing sonder om hom oor ’n werk te bekommer.

Zandre Human sing sy hart uit.

Sy doelwitte is om op ‘n groot verhoog op te tree en die mylpale te bereik wat groot kunstenaars, soos Steve Hofmeyer, bereik het. Een van Zandre se grootste rolmodelle is Kip Moore.

“Musiek kan baie uitdagend wees. Dit is nie altyd maklik nie. As jy die regte ondersteuningstelsel het en deurdruk, sal jy beslis in die bedryf kan uitblink. Een van die vaardighede wat ‘n mens moet hê om in die bedryf te oorleef, is die vermoë om intense kritiek te aanvaar. Dit is baie belangrik om uit hierdie kritiek te leer en te verbeter,” het hy uitgespreek.

“Iets wat my elke dag inspireer, is om vandag ‘n beter mens te wees as wat ek gister was.

As ek ‘n fout maak, probeer ek daaruit leer. Elke dag as ek opstaan, maak ek seker om die Here te dank.”

Zandre se grootste aanhanger is sy meisie, wat tans ‘n Randfontein-inwoner is. Sy ondersteun hom met graagte oral waar hy toer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button