Local news

Bekende sanger besoek Randfontein

'Randfontein is gesellige mense' – bekende sanger Ivan Roux na sy besoek aan Randfontein.

Balke Toe het onlangs ‘n bekende gesig in die musiekwêreld, Ivan Roux, hier in Randfontein verwelkom.

Die Pretoria-sanger het die dorp aan die gons gehad toe hy die kuierplek op 6 April besoek het.

Ivan het vertel hy het in Centurion skoolgegaan. Op agtjarige ouderdom het sy ouma hom oorreed om die lied Boesmanland by ‘n ouetehuis te gaan sing en dis waar sy pad met musiek begin het. Hy het verduidelik die eerste keer wat hy besef het wil ‘n loopbaan maak uit musiek was toe hy ‘n VHS-band gekyk het van ‘n optrede deur Michael Jackson.

“Ek wou mense laat voel soos hy my laat voel het,” het Ivan gesê.

Van sy grootste treffers sluit in Doenit als vir liefde wat al meer as 5.1 miljoen keer op YouTube gekyk is, ook Ek moes, Ek wou, Ek sou, Laatnag Gedagtes en Single.

“My musiek is universeel, ek wil nie mense in ‘n boks druk nie. Elke persoon gaan ‘n ander boodskap kry vir dieselfde lied. Elke persoon moet voel die lied is vir hulle.”

Hy het genoem van jongs af het mense hom al aangemoedig om vir Idols SA in te skryf. Hy het vier keer vir die bekende reeks ingeskryf. Hy het bygevoeg dit was daar waar hy vertroue in sy eie stem gekry het. Vir voornemende musikante het hy aangeraai om elke geleentheid aan te gryp wat na hulle kant toe kom, behalwe as dit hulle ongemaklik maak.

Van sy optrede in Randfontein het hy gesê, “Ek geniet dit om in Randfontein op te tree. Dit is gesellige mense saam met wie jy tot drie uur in die oggend kan kuier.”

Ivan se meisie en spanbestuurder Dané Venter het bygevoeg, “Ek is baie trots op wie hy is, hy verander lewens met wat hy doen. Elke keer as hy optree voel dit asof ek hom vir die eerste keer hoor sing en ek raak van vooraf verlief op hom. Mens moet met baie opgeskeep sit, maar dit is die moeite werd. Jesus het ons hier gesit met ‘n doel.”

Hy het afgesluit deur te sê hy tree in Oktober op saam met Kip Moore, Zac Brown Band en ander bekende sangers op in Kaapstad. Hy gaan dan ook Nashville toe om op te tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button