Entertainment

Gouefees: Oggendson, wilde pret-ritte en apies die groot trekpleisters

Saterdagoggend het die Randfontein Gouefees met Capuchin-apies, oumas en groot families gewys dis ’n fees vir almal.

Van Capuchin-apies tot oumas en oupas met kieries, en selfs ’n familie van meer as ses – feesgangers het Saterdagoggend, 28 Februarie, by die honderde opgedaag om saam fees te vier.

Laerskool Florida-vriende Kaine du Plooy, Skyler Petzer en Cayden Barkley wil skrum.

Hoewel die Gouefeesgronde tot omstreeks 11:00 nog effens stil was, het die atmosfeer vinnig verander toe die gewilde jong Afrikaanse sangeres Bernice West in die markiestent verskyn het. Kort voor lank het die energie opgebou en die terrein het gevul met lag, musiek en opgewondenheid.

Cindy Mienie met Dawie (rooi hemp en 4 jaar oud) asook Trompie (groen hemp en 7 jaar oud).
Thomas Jansen van Rensburg (4 jaar oud) saam met sy oupa Apes Naudé.

Die Randfontein Herald het interessante inwoners raakgeloop, onder andere Cindy Mienie en haar twee Capuchin-apies.

Volgens Cindy is sy ’n groot apie-liefhebber en dra sy ’n tatoeëermerk van ’n geliefde apie wat oorlede is en na aan haar hart was. Haar twee nuwe “babas” is Dawie, vier jaar oud en keurig aangetrek, en Trompie, sewe jaar oud. Trompie was só opgewonde oor die Herald se teenwoordigheid dat hy selfs die pen wou gryp om ’n sin of twee te skryf.

Die pretrit was baie gewild en sommige Gouefeesgangers se gesigsuitdrukkings het hul opwinding of senuweeagtigheid duidelik gewys.
Die pretrit was baie gewild en sommige Gouefeesgangers se gesigsuitdrukkings het hul opwinding of senuweeagtigheid duidelik gewys.
Die pret-rit was baie gewild en sommige Gouefeesgangers se gesigsuitdrukkings het hul opwinding of senuweeagtigheid duidelik gewys.

Dan was daar die tannies en ooms – bejaardes wat nie vir die warm son of lang staptoere teruggestaan het nie. Sommige het met ’n kierie rondbeweeg, maar met kleinseuns en -dogters lojaal aan hul sy, was hulle reg vir ’n dag vol pret en samesyn.

Teen middagete het families by die honderde ingestroom, onder meer die Jacobs-gesin: pa Tjaart, sy vrou Anel, dogter Landa, seuns Jason en Wian, ouma Lina van Niekerk en Mason Botha.

Ouma Lina van Niekerk saam met Jason Jacobs, Wian Jacobs, Mason Botha en Landa Jacobs.
Imke Geryling saam met haar pa Deon.
Die Merli-familie is Lorenzo, Luigi, Abigail en mamma Shani.

Die pretritte was ’n groot trekpleister. Volgens Herald-redakteur Clinton Botha was mense óf opgewonde en braaf genoeg om ’n wilde rit aan te pak, óf het hulle toegekyk hoe geliefdes gil van vrees of pret.

Jean Botha demonstreer sy skietvaardighede met ’n BB-geweer.
Laerskool Florida-vriende Kaine du Plooy, Skyler Petzer en Cayden Barkley wil skrum.
Vriende Johan van Noordwyk en Tristan Willem Vuyk.

 

Die Herald het ook met verskeie Gouefeesgangers gesels, en dit is duidelik dat hulle trotse Wes-Randers is wat hul streek en feeste met oorgawe ondersteun.

“Die boodskap is duidelik: inwoners smag na feeste wat families bymekaarbring – geleenthede wat pret en gemeenskap vier.

Vriende Adrian Nel en Zander Pretorius.
Jayden Zingila saam met sy ma, Lerato.
Vriende Boitumelo Masemola en Galaletsang Mosete.
Sonia Machado en Lisa Groesbeek.

“Die lewe is uitdagend genoeg; daarom waardeer die gemeenskap oomblikke waar hulle saam kan lag, ontspan en die lewe geniet,” het Clinton opgemerk.

Related article: Randfontein Gouefees kicks off in spectacular style

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button