Oos leerder klop ander in Engelse redenaarskompetisie
’n Taalgenie (13) van Laerskool Elardus Park in die ooste van Pretoria het onlangs uitgestaan in die Oppie Tong Af Redenaars/Public Speaking kompetisie.

’n Taalgenie (13) van Laerskool Elardus Park in die ooste van Pretoria het onlangs uitgestaan in die Oppie Tong Af Redenaars/Public Speaking kompetisie.
Laureanne Geertsema het tydens die kompetisie na twee afdelings toe deurgedring vir die finaal.Haar kategorieë was Persuasive Speech English: Individual Unprepared, sowel as English Individual Unprepared: The Golden Tongue.
“Alhoewel sy Afrikaanssprekend is, en in ’n Afrikaanse laerskool is, het sy toe ander provinsies se deelnemers (beide Afrikaans en Engels eerste taal sprekers) geklop om eerste in beide afdelings uit die stryd te tree,” verduidelik Laureanne se trotse ma, Salomé Geertsema.
Die eerste kategorie behels dat die leerders ’n onderwerp gegee word (met die nodige bronne), waar hulle een uur gegee word om in afsondering ’n beredenerende toespraak (in Engels, vir hierdie afdeling) te skryf.
READ MORE: Plastic View toddlers continue school in the open
“Hulle moet dan ook hierdie toespraak van hulle voorberei, waarna hulle die toespraak van 4-6 minute voor ’n gehoor moet lewer. Die tweede is effens meer uitdagend, aangesien hulle dieselfde kaliber toespraak moet lewer, binne dieselfde tydsbestek van aanbieding, maar hiervoor word hulle net vyf minute gegee vir voorbereiding,” verduidelik Salomé trots.
Salome sê dat die kompetisie bied addisionele geleenthede vir leerders wat nie noodwendig ’n vooraf geskrewe toespraak wil voorberei nie, en eerder op hulle eie standpunte en skryftalente staatmaak.
“Dit het egter ook ’n horde ander afdelings soos voorbereide toesprake, groepstoesprake en vermaaklikheidstoesprake in beide die tale. Dit het haar so twee jaar terug na die kompetisie aangelok,” sê sy.
Laureanne sal graag ook by die ATKV Redenaarskompetisie betrokke wil raak om haar passie vir redenaars weereens daar uit te leef.
READ MORE: Memory lapses create havoc for school admissions system
“Sy is ’n ambisieuse dogter wat graag eendag in politiek wil gaan en miskien ook die heel eerste vroulike president van ons land word,” vertel Salomé.
In haar vrye tyd is Laureanne ’n ywerige skrywer en is andersins mal oor drama, Bybelvasvra, hokkie en lees.
Baie geluk met die wonderlike prestasie.
“Ons is vreeslik trots op haar,” sluit Salomé af.
Do you have more information about the story? Please send us an email to [email protected] or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram