GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Eldos toneel presteer in prestige kompetisie

Eldoraigne se toneelspelers het gewys dat hulle egter vir geen privaatskool hoef terug te staan nie.

Hoërskool Eldoraigne het twee toneelstukke gehad wat vandeesmaand aan die 13e Festival of Excellence in Dramatic Arts (FEDA) in Johannesburg deelgeneem het.

Dramatiese kunste is een van die hoërgraad vakke wat deesdae baie aftrek by Eldoraigne kry, en dit is verseker te danke aan die hoë standaard kompetisies waaraan hulle deelneem. FEDA is een daarvan.

Hoërskool Eldoraigne was van die skole wat vir die tweede jaar uitgenooi was om deel te neem.

Skole word slegs genooi na aanleiding van die reputasie van hul drama departement.

’n Uitstaande prestasie in eie reg omdat FEDA ’n toneelkompetisie is waarin hoofsaaklik Engelse privaatskole mekaar die stryd aan sê.

Eldoraigne se toneelspelers het gewys dat hulle egter vir geen privaatskool hoef terug te staan nie, en het nege nominasies en ’n verdere drie toekennings ingepalm tydens hierdie fees met hul Afrikaanse produksies iGeneration en EDEN.

Die EDEN toneelstuk het die toekennings vir beste beligtingsontwerp, beste choreografie en beste nuutgeskrewe teks ingepalm

Dit was ook aangewys as een van die top ses toneelstukke (vanuit 65 ander stukke) van die fees.

Daar is leerlinge wat aan FEDA deelgeneem het, wat al selfs in London en Los Angeles gaan studeer het.

Eldoraigne se toneelspelers is dus bestem vir groot dinge.

Eldo iGeneration. Foto: Vorosien

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button