GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: Wierie Geelbekkies oortref hulself

Wel gedaan Geelbekkies!

Die 85 Geelbekkies van Laerskool Wierdapark het hulself in Mei-maand oortref.

Die koor het aan die volgende kompetisies deelgeneem: Die ATKV-Applous kompetisie by die NG Kerk, Skuilkrans het hulle met ’n goue toekenning weggestap.

By die Super-12 Koorkompetisie by UP Groenkloof-kampus het hulle ’n Cum Laude-toekenning ontvang vir hul koorsang.

By die Pretoria Eisteddfod by Laerskool Tygerpoort is hulle aangewys as die afdelingswenners en het weer ’n goue toekenning ontvang.

Hulle het ook by ’n koorfees by NG Kerk Wierdapark opgetree asook by Rusoord Versorgingsentrum.

Wel gedaan Geelbekkies!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button