GalleriesNews galleries

Liefde wink tydens Valentynsbal

Popup Diamanté Valentynsbal uit die boonste rakke.

Romantiese musiek, vloeiende sjampanje en ’n watertand vyfgangmaaltyd was aan die orde van die dag by die Popup Diamanté Valentynsbal.

Dié deftige bal is op Vrydag by Union Caterers, Utopia Place, in Pretoria aangebied en die prag van die geleentheid het beloof om enige man of vrou met ’n veer om te tik.

Die beminde Heinz Winckler en ander bekende kunstenaars het gesorg vir vermaak deur die loop van die aand.

Rekord was trots om deel van dié glansgeleentheid, wat deur Popup (People Upliftment Programme) aangebied was, te wees. Popup gee al vir die afgelope 14 jaar vir duisende werklose mense ’n nuwe toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button