Blommeklub vier mondigwording met Griekse oggend
Die gewilde Bergsering-blommeklub het onlangs hul mondigwording gevier met 'n Griekse tema geleentheid.
’n Blommeklub in die noorde van Pretoria het onlangs hul mondigwording gevier met ‘n Griekse temapartytjie en ’n spesiale vertoning deur die ‘Griekse Boertjie’.
Bergsering-blommeklub het verlede Woensdag hul 21e jaar van bestaan gevier by die NG Magalieskruin-kerksaal met ‘n vertoning deur Yoti.
Rini Martins, visie-voorsitter, het gesê die klub – wat maandeliks bymekaar kom – bied die afgelope 21 jaar geleenthede vir blommeliefhebbers om hul idees en kreatiwiteit onder mekaar te deel.
Martins het gesê enige persoon met ’n passie vir blomme kan by die groep aansluit.
Die geleentheid het heerlike verversings en ook blommerangskikkings deur groeplede, met ‘n Griekse kinkel, aangebied.
