Community galleriesGalleries

Noord-versorgingsentrum baljaar by bazaar

Die mense van ‘n plaaslike versorgingsentrum is bederf gedurende Loslitdag.

BR Rekenmeesters het Vrydag hul jaarlikse Loslitdag saam met Uitkoms-versorgingsentrum gevier.

Die onderneming bederf elke jaar die kinders en volwasses van die versorgingsentrum met die aanbreek van lente, en dié jaar is hulle verras met ’n bazaar.

LEES OOK: Loslit-pret vir tehuis

Die bazaar is by die BR Rekenmeesters perseel in Montana gehou.

“Bubbles die nar van Fun Creations het ’n vertoning gegee, verskeie speletjies was gespeel en hulle het gedans net na hul ’n heerlike ete geniet het – voorsien deur Dros Montana,” sê Zenobia Loock-Du Plessis, een van die helpers op die dag.

Kyk video:

“Ons wil graag net baie dankie sê aan BR Rekenmeesters, JP Botha Spesialis Dienste, Liebner Engravers, West Pack Montana, JH Tactical Security Solutions, Willie Bronco, Louise Hugo Audioloog, Makkink Projects, Donque CC en Baartman Du Plessis Prokureurs.”

LEES OOK: Loslitdag vol pret en plesier

Die mense van Uitkoms-versorgingsentrum het deelgeneem aan kleurvolle aktiwiteite tydens die bazaar by BR Rekenmeesters. Foto: Verskaf

 

Pret tydens die bazaar by BR Rekenmeesters. Foto: Verskaf

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button