Local newsNews

Jong vrou vertel van traumatiese roof

Gesin beleef traumatiese ervaring nadat hulle deur rowers oorval is.

Die aantreklike 28-jarige Sandy Swart van Albertweg, Waterkloof, is gisteroggend in haar huis saam met haar familie deur ’n bende van vier rowers, van wie een met ‘n pistool gewapen was, aangehou, vasgebind en van juwele en ’n plasma TV skerm beroof.

Lede van Brooklyn se polisie en die polisie helikopter was kort na die voorval op die toneel om na die rowers te soek.

“Twee ander meisies, my sussie, my skoonpa en ek was in die huis toe dit gebeur het,” het Swart vertel. “Ek was besig op die rekenaar en my sussie was besig om haar hare te doen. Toe sy in die spieël opkyk, het sy hulle in die kamer sien staan. Een het ’n pistool in sy hand gehad. Sy het ’n harde gil gegee.”

Die rowers het almal op die vloer vasgedruk en met elektriese kragkabels hulle hande agter hul rue vasgemaak.

“Die een met die pistool het na my gekom en die pistool teen my kop vasgedruk en gevra hoeveel mense in die huis is. Ek het vir hom gesê daar is vier. Hy het al my juwele van my afgeruk. Hulle het buitentoe gegaan. Ons hond, Tyla, het die rowers gesien en op hulle afgestorm. Hy het een van die rowers gebyt waarop hulle almal op vlug geslaan het. Ek en my sussie het daarin geslaag om onsself los te woel. Ek het uitgehardloop en oor die muur gespring en alarm gemaak,” het Swart vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button