Skade ná weerlig kos gesin duisende
’n Verwoestende weerligstraal rig derduisende rande se skade aan gesin se huis in Magalieskruin.

‘n Gesin in Magalieskruin se huis is met derduisende rande se skade gelaat ná ’n verwoestende weerligstraal dit verlede week tydens ’n donderstorm raakgeslaan het.
Dirk en Cherylene Odendaal het vertel dat die straal ’n oorverdowende geraas gemaak het. “Ek was nog in die kombuis besig met voorbereidings vir aandete en onmiddellik ná die slag was al ons elektriese toestelle buite werking,” het sy gesê.
Die egpaar woon al nege jaar in hierdie huis en het gesê dit is die eerste keer dat dit deur weerlig raakgeslaan is.

“Dit het ’n gedeelte van ons huis se dak só beskadig dat die bakstene meters ver van ons huis af geskiet het,” het
Dirk het gesê dat die huis se alarmstelsel ook tydens die slag beskadig is en vervang moes word. “Dit sal seker tussen R20 000 en R30 000 kos om alles reg te maak,” het hy gesê.
Die egpaar is verlig dat nie hulle of hulle dogter, Chanté (3), seergekry het nie en wou die gemeenskap waarsku om uiters versigtig te wees wanneer daar ’n storm uitbreek.
“Ons is baie dankbaar dat ons in die huis was en nie buite nie, want dit sou beslis noodlottig gewees het. Dit het ons opnuut gewys dat ons nooit die natuurkragte moet onderskat nie,” het Cherylene gesê.
