EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Aanbiddingsbeweging wat in die hartjie van Suid-Afrika

Brandpunt se tweede album, Kom Nader, is beskikbaar by musiekwinkels landwyd en die snitte bevat eerlike lof- en aanbiddingsmusiek in Afrikaans.

Brandpunt is ‘n aanbiddingsbeweging wat in die hartjie van Suid-Afrika tussen die stof en kameeldoringbome van Schweizer-Reneke ontstaan het.

Hulle tweede album, Kom Nader, is beskikbaar by musiekwinkels landwyd en die snitte bevat eerlike lof- en aanbiddingsmusiek in Afrikaans wat aanhangers uitnooi om net weer in eenvoud by God se voete te kom sit.

Brandpunt se boodskap gaan daaroor dat mense moet terugkom na wat dit beteken om God en mense lief te hê. Dit is wat die lewe op die platteland na vyf jaar vir Ian en Jana Nieuwenhuizen (Brandpunt), gebore stedelinge, geleer het: dat hulle weer ‘n lewe van afhanklikheid van God en ‘n lewe van liefde en genade, vir God en vir mekaar, moet omhels.

“In die platteland is die lewe veel eenvoudiger as in die stad. Dit neem nie lank voordat mens die basiese beginsels van geloof van nuuts af ontdek nie. Wanneer die voortbestaan van ‘n hele gemeenskap afhang van iets eenvoudigs soos reën, besef ‘n mens dat jou lewensaar in God se hand is. In ‘n plattelandse gemeenskap, waar ‘n mens se lewe so verweef is met dié van ander, leer ‘n mens om lief te wees vir mense,” het die groepslede saamgestem.

Ian het gesê soms jaag mense net van een verpligting na die ander terwyl alles wat belangrik is, die dinge wat Godgegewe is, soos familie, vars lug, gemeenskap, mooi sonsondergange of gesondheid daagliks by hulle verbygaan.

‘n Eenvoudige plaasstoor onder die helder sterre op ‘n somersaand was die perfekte agtergrond vir die opname van Brandpunt se ‘Kom nader’ CD en DVD.

Die sement, die sinkdak, die stene, beesvelle en die droë boom is rou elemente waaruit soveel dinge wat mense vandag ken, gebruik word, maar wat in hulle eenvoud saamgeflans is om ‘n afmosfeer vir aanbidding te skep en te spreek van dié boodskap dat die Koning van alle konings in ‘n stal gebore is.

Leza Liversage (van Retief Burger se Luidkeels band) het by Brandpunt aangesluit vir die opname en sing U Naam en Die Here is my Herder. Die laaste lied op die album Hy’s die een wat ek liefhet sluit ook vir Mervis in.

Die video-opname van Soos trane, gesing deur Jana, het reeds in ‘n kort tydjie ‘n groot treffer op sosiale netwerke geword. Dié album sal aanhangers op verskeie vlakke verras.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button