Local newsNews

VIDEO: Nuwe liedjie steun veldtog teen plaasmoorde

Welbekende sanger, Jaco Labuschagne, neem sy nuwe liedjie by Kerkplein op om sy standpunt teen plaasmoorde hard en duidelik te stel.

Derduisende bekommerde Suid-Afrikaners het onlangs saam met AfriForum hul stemme teen plaasmoorde laat hoor toe hulle verenig het in die hoop dat die regering met ‘n werkbare oplossing vorendag sal kom.

Om AfriForum se massiewe veldtog teen plaasmoorde te steun, het die welbekende sanger, Jaco Labuschagne, die organisasie genader om hul veldtog te help bevorder. Labuschagne se nuwe liedjie, Hoe lank nog, het aanklank by AfriForum gevind.

Die sanger, in samewerking met AfriForum, het verlede Sondag op Kerkplein die nuwe liedjie opgeneem waar sowat 30 ekstras met plakkate en wit kruise agter Labuschagne in die straat aangeloop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button