Die 7de agtereenvolgende musiekfees deur AfriForum het mense van regoor die land by die Voortrekkermonument bymekaargebring. Die feesgangers het op geesdriftige manier hul ondersteuning vir die behoud van Pretoria se naam getoon.
“Pretoria bly Pretoria!,” het duisende feesgangers Saterdag tydens die AfriForum Musiekfees in unison uitgeroep. Dié skare het ’n Afrikaanse musiekfees by die Voortrekkermonument bygewoon wat deur AfriForum ter behoud van die stad se naam gereёl is.
Pretoria se 158ste verjaardag is ook tydens die geleentheid gevier.
Sommige mense soos dié van Witbank, Germiston, Kaapstad en selfs Windhoek het van ver af gekom om hul steun te wys en kunstenaars soos onder meer Steve Hofmeyr, Adam Tas, Die Tuindwergies, Liza Brönner en Ghapi het die skare vermaak.
Die geleentheid het plaasgevind in ’n tyd waar die Tshwane-metroraad opnuut pogings aanwend om Pretoria se naam te verander, het die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, in ’n persverklaring gesê.
Volgens Kriel toon die feit dat letterlik duisende mense by die Voortrekkermonument opgedaag het, dat hul nie gediend is met hernude pogings om die stad se naam te verander nie. Hy het aangedui dat AfriForum sal voortgaan om die fees jaarliks aan te bied om te verseker dat Pretoria se naam vir ten minste nóg 158 jaar sal bestaan.
Liza Brönner in aksie.
Die skare het op die perseel uigekamp vir die geleentheid
Die verhoog.
’n Kykie van bo af na die verhoog toe.
Antoinette en Deon Kok saam met hul dogter, Natacia wys dat hul sterk oor Pretoria se naam voel.
Susan Kaden en Sarie Kruger het vanuit Boksburg kom kuier.
Resche Stander en Tertia Lombard van Centurion.
Resche Stander en Tertia Lombard van Centurion.
James en Eurika Cooks van die noorde van Pretoria.
Voor: Reinette Cripps. Agter, van links: Ronel Allen, Socks van den Berg, Petro van den Berg en Ronel, Norman en Justin Allen. Hulle het uit Germiston kom kuier.
’n Klompie geesdriftige feesgangers.
Adam Tas in aksie.
Jong AfriForum-ondersteuners
Pieter van der Merwe.
Adam Tas.
Adam Tas.
’n Byna volgepakte perseel.
’n Byna volgepakte perseel.
Liza Brönner saam met Vanya van Wyngaardt, Oratile Kumalo en Tylo van Wyngaardt.
Steve Hofmeyr.
Steve Hofmeyr.
Andrea en Adam Wolfaardt van Kaapstad.
Wessel en Hester Holtshausen van die Moot.
Hierdie feesgangers het vanuit Witbank kom kuier.
Belinda Meyer en Johann van der Merwe onderskeidelik van die Moot en Pretoria-Wes.
Pieter Taute.
Pieter Taute.
Tristen Saaiman en Rosa Barnard van Hartebeespoort saam met Pieter en Pauleen Fourie
Janco, Caden, Zando, Hennie en Adri Storm van Krugersdorp.
Lazelle, Anelle en Anthony Arbuckle van Windhoek.
Kobus Pretorius en Engela van Rensburg van die noorde van Pretoria.
Quindeline Moll en Ryk Strydom.
Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!