GalleriesLocal newsNewsNews galleries

Damesoggend ten bate van Naidine

Die gemeenskap van Danville het onlangs bymekaar gekom om hulle ondersteuning te wys vir Naidine Smith wat met 'n neurologiese gebrek gediagnoseer is.

Die gemeenskap in Danville het onlangs hande gevat en saam, deur middel van ‘n heerlike damesoggend, vir ‘n spesiale jong meisie met ‘n gebrek ‘n beter toekoms gebied.

Saterdag het dames mooi getooi in hulle gunsteling uitrustings bymekaar gekom by die NG Kerk Wespoort in Danville vir die Polka Dot Brunch geleentheid. Die ontbyt was ‘n prettige sosiale geleentheid waarby die dames handige wenke geleer het by die sprekers en ook terselfdetyd hulle ondersteuning gewys vir Naidine Smith wat met ‘n neurologiese gebrek gediagnoseer is.

Henrico Prinsloo, kurator van die Naidine Smith Trust het verduidelik dat Naidine se neurologiese gebrek beteken dat die omtrek van haar kop kleiner is as wat dit behoort te wees.

Hy vertel dat as gevolg van die siekte het Naidine probleme met haar motoriese vaardighede en benodig dus gereelde fisioterapie en spesiale onderrig.

“Die dokters het gesê dat Naidine nie lank sou lewe nie, en sy is nou al amper vyf. So sy is ‘n wonderwerkkind,” het Prinsloo vertel.

Hy het bygevoeg as gevolg van Naidine se duur uitgawes, sukkel haar gesin met die mediese onkostes en daarom is die Naidine Smith Trust gestig.

Die geld wat ingesamel is by die damesoggend gaan vir die trust om die Smith familie finansieël te ondersteun.

Sprekers soos Nicole Flint en Karien Henrico het die vroue vermaak terwyl hulle meer geleer is oor grimering.

Martie Bayman, die organiseerder van die damesoggend het vertel dat sy baie bly is oor die ondersteuning van die gemeenskap.

Sy het ook vertel dat sy bly is dat die gemeenskap vir Naidine ‘n gemakliker lewe kon voorsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button