Local newsNewsSchools

Centurion Vrywilligers word binnekort aangewys

Inskrywings vir Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar 2013 kan reeds gedoen word.

Inwoners van Centurion kan nou inskryf vir die Vrywillige Werker van die Jaar wat jaarliks deur die ATKV Centurion behartig word.

Inwoners word genooi om mense met sagte harte wat liefdevolle dade in die gemeenskap verrig, te nomineer.

Belangstellendes kan in verskeie kategorieë inskryf, naamlik gemeenskapsbeveiliging, jeugwerk, kultuurbevordering, sportbevordering en welsynswerk.

Die belangrikste voorvereiste vir ’n toekenning is dat die genomineerde persoon in Centurion woon en dat die vrywillige werk in Centurion gedoen is. Verder moes die persoon geen vergoeding of betaling ontvang het vir die werk wat verrig is nie.

’n Curriculum Vitae (CV) met slegs die tersaaklike inligting en bewyse van die vrywillige werk moet ingedien word.

Nominasies en die CV kan gestuur word aan iakotze@mweb.co.za.

Inskrywings sluit op 22 November.

Die Centurion Vrywillige Werkers van die Jaar word op 29 November aangewys.

Vir verdere navrae kontak Sakkie Kotze by 082-925-1488 of by www.tak.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button