NewsSchools

Slimmes wys hul staal

Wiskundige genieë het koppe gekrap en vingers getel tydens die 7de nasionale kompetisie vir Abakus wiskunde.

‘n Stampvol saal met 415 wiskunde slimkoppe tussen die ouderdom van 3 en 11 jaar het onlangs aan die 7de nasionale kompetisie vir Abakus-wiskunde deelgeneem.

Soroban Education Mental Arithmetic System (SEMAS) se jaarlikse kompetisie bring die room van Suid-Afrika se abakus- en hoofrekeneslimkoppe bymekaar om breinkragte te meet.

SEMAS in Centurion het vanjaar vir die 3de keer aan dié nasionale kompetisie deelgeneem en is deur 31 leerlinge van verskeie skole verteenwoordig, onder andere Laerskool Hennopspark, Laerskool Monumentpark, Laerskool Rooihuiskraal, Raslouw Privaatskool, Laerskool Bakenkop, Laerskool Swartkop, Cornwall Hill College, Pretoria Preparatory School, Midstream College en Centurion Christian School.

Uit dié deelnemers van Centurion is tien gekies as deel van die Pan Pacific Abacus and Mental Arithmetic Association (PAMA) oefengroep vir 2014.

SEMAS Centurion het met met ses brons-, sewe silwer- en tien gouemedal-

jes gespog en het ook sewe kampioene opgelewer. Dié groep het ook die kettinggroep se naaswennertrofee huistoe geneem. Een van die leerlinge, Claudette Botha, van Centurion, het die sensei-naaswenner trofee verower.

Die wenners word elke jaar uitgenooi om oorsee te gaan meeding teen die wêreld se toppresteerders by die internasionale PAMA byeenkoms. Vanjaar vind hierdie kompetisie in Hong Kong plaas. Volgende jaar sal Suid-Afrika die gasheer vir hierdie gesogte kompetisie wees.

Soroban is ‘n Japanese woord vir telraam. Vandag gebruik oud en jonk die soroban om wiskundige berekeninge te doen. ‘n Wiskunde-onderwyser, Marlene Ras, het in 2005 SEMAS in Suid-Afrika voorgestel nadat sy die voordele daarvan in ‘n demonstrasie op Carte Blanche gesien het. “Semas leer kinders om wiskunde te ‘sien’,” het Ras gesê.

Die abakus word deel van die kind se daaglikse verwysingsraamwerk en hulle leer om die abakus visueel in hul denke voor die stel sodat dit ‘n rekenaar word wat hulle vir ewig in hul geheue kan hou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button