Local newsNews

Romanz-groep tree uit

Die gewilde Afrikaanse-sanggroep, Romanz, se paaie skei en die lede gaan nou eerder op hul sololoopbane en studies fokus.

Romanz, een van die land se gewildste sangroepe, het gister in Lichtenburg hul heel laaste optrede as groep uitgevoer. Die vier mans, wat diep in Suid-Afrikaners se harte ingekruip het, gaan nou eerder op hul sololoopbane en studies fokus.

“Die ontbinding van Romanz as groep word deur André, Adam, Burgerd en Christopher beskryf as ’n positiewe, eensgesinde en weldeurdagte besluit tussen jarelange vriende, wat die begin van ’n goeie, opwindende nuwe fase in elkeen van hulle lewens aankondig,” het die groep in ’n verklaring gesê.

André het gesê hy weet die ontbinding van Romanz sal vir baie ’n verrassing wees en daarmee die vermoede dat dit een of ander skandaal of negatiewe element was wat daartoe gelei het. “Maar dis eenvoudig nie so nie,” het hy gesê.

“Ek is wel ’n uitdaging met dié dat my ore onlangs geweldig seer begin word het en dat ek deur dokters aangeraai is om vir drie aande nie te sing nie. Die ander ouens tree dus nou sonder my op en ek sal ook ons laaste optrede moet mis – ’n groot teleurstelling vir almal, maar dis regtig omtrent al slegte ding,” het hy bygevoeg.

Die groep, wat in 2008 opslae in die SA-musiekbedryf begin maak het, spog met ses topverkoper albums in soveel jaar, wat verskeie goue-, platinum- en dubbelplatinum-albums insluit.

Hulle het ook al die verhoog met bekendes soos Andrea Bocelli en Catherine Jenkins gedeel en ’n album in Britanje bekend gestel. Daarby het Romanz ook ’n onvergeetlike uitvoering by Prins Albert en Prinses Charlene van Monaco se troue gelewer.

“Dit was ‘n absoluut onvergeetlike en geseënde ses jaar vir Romanz, met hoogtepunte wat bo ons verwagtinge uitgestyg het. Ons is ongelooflik dankbaar aan ons Hemelse Vader en elke persoon wat ons ondersteun het en steeds ondersteun – dit is hulle wat dit moontlik maak dat ons ons droom en passie vir musiek kan uitleef”, het hulle gesê.

“Romanz se laaste album, Lig Jou Stem Op, is sterk op pad goue status toe,” het hulle bygevoeg. “Dis dié perfekte noot om hierdie beweging en elkeen van ons se concerto mee af te sluit!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button