
Die lyk van ‘n middeljarige man wat glo met klippe doodgeslaan is, is naby die Villieria-polisiestasie in die Koedoespoort-nywerheidsgebied gevind.
Volgens polisiewoorvoerder kolonel Gawie Alberts is Richard Mogadine, in sy 50’s, se lyk Sondagaand langs die pad in Elandstraat gevind, 50m van die kroeg waar hy vermoedelik gekuier het.
Alberts het aan Rekord gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie en sal deel vorm van die ondersoek.
Mogadine het geen besittings by hom gehad nie.
“Sekuriteitswagte in die omgewing het twee mans naby die moordtoneel gesien. Ons is besig om met die ondersoek en daar word vermoed dat altwee by die moord betrokke was,” het Albert gesê.
Volgens Albert is nog nie een van die twee verdagtes in hegtenis geneem nie. “Ons het die aand van die moord al die nabygeleë treinstasies deursoek maar kon die verdagtes nie opspoor nie.Volgens die sekuriteitswagte het een van die verdagtes ‘n swart broek en khaki baadjie aangehad. Die ander verdagte het ‘n rooi hemp en broek gedra,” het Alberts gesê.
