CrimeLocal newsNews

Man sterk tuis aan na aanval

Ronald Remmers sterk op die oomblik by die huis aan, maar volgens sy vrou gaan die rehabilitasie stadig

Ronald Remmers, voorsitter van Capital Park Residents and Ratepayers Association (Caprra), is besig om by die huis aan te sterk nadat hy en twee vriende, Klaasie Schoeman en Marleen van Wyk, is verlede maand deur twee verdagtes aangeval toe hulle in die berg by Capital Park gaan stap het.

Een van die verdagtes het Remmers omgestamp en hy het sy kop hard teen ‘n klip oopgestamp.

Frikkie Gous, woordvoerder van LifeMed-ambulansdienste, het gesê lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het hulle na die toneel ontbied waar hulle die een slagoffer vir erge kopbeserings behandel het.

Volgens Ethelwyn Remmers, Ronald se vrou, gaan dit al beter met hom, maar dat dit party dae beter gaan as ander. As deel van sy rehabilitasie stap en oefen Remmers gereeld, al sukkel sy balans glo nog soms.

“Die vordering is daar, maar dit is twee treë vorentoe en een treë terug. Die groot ding is om sy geheue te stimuleer. Ek vra hom baie oor sekere herinneringe en of hy onthou hoe sekere goed werk,” het Ethelwyn gesê.

Ethelwyn sê dat Ronald weer werk, maar net vir ‘n paar uur per dag, aangesien hy vinnig moeg en soms duiselig raak.

Ronald was vir tien dae in die hospitaal voor hy die dag voor Paasnaweek ontslaan is.

Mike Burt, ‘n bekommerde Capital Park-inwoner, het aan Rekord gesê dat misdaad in Capital Park ‘n ernstige probleem is.

Hy het gesê alhoewel daar geen misdadigers in die berg woon nie, hulle mense aanrand, roof en dan die berg invlug waar hulle verdwyn.

Die Wonderboompoort-polisie was nie beskikbaar om te bevestig of enigeen al in verband met die voorval gearresteer is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button