CrimeNews

Bekende se broer sterk goed aan

'n Mev Suid-Afrika-finalis se broer sterk goed aan nadat hy in sy linkersy geskiet is.

Die man wat Vrydagoggend by sy huis op ’n plaas oos van Pretoria aangeval en geskiet is, sterk goed aan in die hospitaal.

Mev Suid-Afrika-finalis Drieka van Staden het gesê haar broer Gert van Dyk (30) is die naweek vanuit Kloof-hospitaal se waakeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas. “Hy het nog baie pyn, maar hy voel al beter,” het sy gesê.

Van Dyk is in die vroeë oggendure deur drie rowers aangeval. Een van hulle het hom in die linkersy geskiet. Die dokters het aanvanklik gedink sy dunderm is net op twee plekke beskadig, maar tydens die operasie Vrydagmiddag het dit aan die lig gekom dit is op vier plekke beskadig. Sowat 30 cm van sy dunderm is verwyder, het Van Staden aan Rekord gesê.

“Ons as familie is baie dankbaar dat sy beserings nie erger is nie,” het sy gesê.

Van Dyk se vrou, Andrea, was nie vir kommentaar beskikbaar nie, maar Van Staden het gesê sy hanteer die situasie goed.

Andrea het Vrydagoggend wakker geword van haar man se gille toe die rowers by hul huis ingebreek het. Haar grootste prioriteit was om hul drie-jarige dogtertjie te beskerm.

Nadat Van Dyk geskiet is, het hy op sy knieë gegaan en gebid vir die veiligheid van sy gesin.

Die rowers het met ’n televisiestel en ’n selfoon gevlug.

Die polisie was teen druktyd nie vir kommentaar beskikaar nie.

Lees ook>

Broer van mev Suid-Afrika-finalis aangeval

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button