CrimeLocal newsNews

Derde aanval op Boschkop-kleinhoewe

Egpaar in hul huis oorval en aangehou in die derde aanval in die Ooste van Pretoria.

Wat veronderstel was om ’n rustige Dinsdagoggend te wees het in ’n nagmerrie ontaard toe twee verdagtes toegang tot ’n huis op ‘n kleinhoewe in Boschkop bekry het.

Die verdagtes het glo deur ’n venster geklim wat geen diefwering opgehad het nie. Hulle het ’n man en vrou, albei in hul 40’s, met kabels vasgebind en hulle met vuurwapens aangehou terwyl hulle glo die huis geplunder het.

Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind.

Die verdagtes het met die egpaar se Toyota Fortuner en derduisende rand se besittings weggekom. Kaptein Marissa van der Merwe het gesê die voertuig is later die oggend in Mamelodi-Wes gekry, maar al die gesteelde goedere was weg.

Die egpaar kon daarin geslaag om die polisie omstreeks 04:30 na dié toneel te onbied. Die polisie het die voertuig omstreeks 06:30 gevind.

Volgens Van der Merwe is niemand tydens nie die voorval beseer nie, die egpaar het slegs effe skaafwonde aan hul gewrigte opgedoen soos wat hulle hulself bevry het.

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Dit is die derde voorval die afgelope twee weke waarin inwoners van die omgewing op ‘n geweldadige wyse dood is.

Dit volg kort na die moorde van die bejaarde egpaar, Louis Swanepoel (82) en sy vrou Sandra (80). Hul seun het Vrydag op hul bebloede lyke in hul huis by Mooiplaats, Oos van Pretoria afgekom.

Twee weke gelede is Charles Groenewald tydens ‘n rooftog in sy huis doodgeskiet. Hy het homself probeer verdedig en een van sy aanvallers – na bewering ‘n polisiereservis van KwaNdebele – doodgeskiet.

Lees ook>

Bejaarde egpaar dood geskiet

Tergende geheime om die Swanepoel moord

Rower en bejaarde skiet mekaar dood

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button