CrimeLocal newsNews

Nuwe regsverteenwoordiger vir Baba L beskuldigde

Die man wat beskuldig is dat hy die twee-jarige kind van sy meisie erg aangerand en amper vermoor het, het 'n nuwe regsverteenwoordiger

Die saak van die paartjie wat aangekla word van poging tot moord en kindermishandeling van Baba L is Woensdag weer in die Pretoria-Noord-landroshof uitgestel. Dit volg nadat die regsverteenwoordiger van die kêrel hom vandag van die saak onttrek het.

Heinrich Moldenhauer sal sy plek vir die duur van die saak inneem. Die kêrel is steeds in aanhouding, nadat sy aansoek om borg ‘n tweede keer geweier is. Die ma van die kleuter, geklee in swart, het kalm in die hof voorgekom.

Staatsaanklaer Tania Claasen het gevra dat die saak uitgestel word, aangesien daar nog nie ‘n datum beskikbaar is by die Hooggeregshof vir die saak nie. Hierdie nuus het verskeie uiteenlopende reaksies by betogers gelok wat die saak Woensdag bygewoon het.

“Ek dink dit is ‘n goeie ding, want hoe langer die saak uitgestel word, hoe langer is die beskuldige daar binne,” het Rita Glenewinkel, ‘n betoger, aan Rekord gesê.

Ronel Fernandez, nog ‘n betoger, het ‘n ander mening oor die saak.

“Ek dink die ma van die kleuter moet ook sit, want sy het daarvan geweet. Dit maak haar net so skuldig.”

Yvonne Penney meen dat ‘n ma moet weet waar en in watter toestand haar kind is.

“Ons is nie gelukkig met die feit dat die ma borg gegun is nie. Kindermishandeling moet stop en almal moet help om dit te voorkom.”

Die paartjie staan tereg op aanklagtes van poging tot moord en kindermishandeling. Die man beweer Baba L het verskeie beserings in Desember opgedoen, insluitend gekneusde organe en bloeding op die brein, nadat sy in Desember van ’n wasmasjien afgeval het. Volgens Baba L se pa, het Baba L permanente breinskade na die ongeluk opgedoen.

Die saak is uitgestel tot die 17 Julie vanjaar.

Lees ook:

Baba L wel breinskade opgedoen

BabaL se belange word deur ‘n advokaat omgesien

Baba L-borgaansoek duur voort

Baba L: Ma se kêrel het skynbaar donker geskiedenis

Baba L saak Woensdag hervat

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button