CrimeNews

Moot-owerhede slaan toe op inbrekers

Polisie trek inbrekers vas ná twee huisbrake in Rietfontein.

Die Moot-owerhede het onlangs kragte saamgespan om boosdoeners te wys wie werklik baas in die Moot-gebied is.

Secure24 se K9-eenheid het Woensdagoggend omstreeks 10:00 in samewerking met die Moot-polisie ‘n verdagte in 19e Laan in Rietfontein vir huisbraak vasgetrek.

Volgens Johnny Badenhorst van Secure24 het hulle inligting oor ‘n inbraak oor hul tweerigtingradio gekry en hul dadelik na die huis in 19e Laan gehaas. Daar was ook egter ook ’n inbraak in Swemmerstraat en hulle het die gebied gefynkam vir ander verdagtes. Secure24 vermoed die inbrake hou verband met mekaar, maar kon dit nie bevestig nie.

Een van Secure24 se lede, Louis Deysel, het die verdagte per voet agterna gesit en hom kort daarna vasgetrek. Deysel het die gesteelde skootrekenaar in die aangrensende erf gekry. Daar is ook ander goedere gesteel. Die betrokke huiseienaar het bevestig dat die gesteelde goedere sy eiedom is.

Volgens luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie, was niemand tuis tydens die inbraak nie.

Die 32 jarige verdagte is vir die besit van gesteelde eiendom asook huisbraak en diefstal in hegtenis geneem.

Back to top button