CrimeLocal newsNews

13-jarige glo ontvoer

Die gemeenskap in die Moot is sedert Vrydagaand op soek na ’n blonde 13-jarige meisie wie na bewering in Pretoria Tuine ontvoer is. Berigte van drie mans in ’n silwer Astra wat glo ’n blonde 13-jarige meisie ontvoer het, het oor die GPF se radio’s gekom. ’n Wit Volkswagen Golf GTI is na bewering ook …

Die gemeenskap in die Moot is sedert Vrydagaand op soek na ’n blonde 13-jarige meisie wie na bewering in Pretoria Tuine ontvoer is.

Berigte van drie mans in ’n silwer Astra wat glo ’n blonde 13-jarige meisie ontvoer het, het oor die GPF se radio’s gekom. ’n Wit Volkswagen Golf GTI is na bewering ook betrokke.

Die insident het glo na 19:00 by ’n parkie in Bremerstraat, Pretoria Tuine, plaasgevind.

“Die mans is gewapen, een dra ’n rooi baadjie en een ’n blou baadjie,” is oor die radio gesê.

Hulle is glo gesien op die pad in die rigting van Mahem, uit Van der Hoffweg.

Die nuus het soos ’n veldbrand oor sosiale netwerke en platforms versprei.

Die polisie is egter in die duister oor die insident. Volgens kaptein Louise Reed-Steynberg, is daar nie ’n saak van ’n vermiste kind by Hercules-polisiestasie teen Saterdagoggend aangemeld nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button