CrimeLocal newsNews

Drie rooftogte in één week by winkelsentrum

Kriminele het op ’n winkelsentrum in Karenpark toegepak en verskeie winkels in een week beroof.

Wonderpark-winkelsentrum in Karenpark het vroeër die maand onder misdaad deurgeloop nadat daar drie gewapende roofvoorvalle plaasgevind het.

Op Maandagoggend 12 Mei om 09:00 het ’n onbekende aantal gewapende mans ’n klerewinkel beroof. Volgens gerugte het die mans teen oopmaak tyd ingestap en die winkel van ongeveer R180 000 beroof.

Drie dae later, ongeveer dieselfde tyd, is ’n afleweringsvoertuig by Edgars se ontvangsgebied beroof. Volgens ’n werknemer by die sentrum is die voertuig, wat selfone aflewer, gekaap toe dit in die afleweringsparkeerplek ingetrek het om onder meer Edgars se voorraad af te laai.

Dieselfde dag omtrent 11:00, is ’n selfoonwinkel deur drie mans geroof. Daar was vermoedelik kliënte in die winkel toe die mans ingestap het. Die verdagtes het die personeellede na die stoor geneem, die voorraad in ’n sak gepak en uit die winkel gestap. Volgens ooggetuies was een van die verdagtes in ‘n sekuriteitswag se uniform geklee en het die ingang van die winkel bewaak.

Werknemers is onsteld oor hoe hierdie voorvalle deur die bestuur hanteer is. “Niemand van ons weet wat regtig gebeur het nie omdat sentrumbestuur geen inligting deurgegee het nie. Toe ons navraag gedoen het by een van die winkels oor die roof, het hulle dit ontken,” het ’n werknemer aan Rekord gesê.

Die werknemers is nou bekommerd oor hul veiligheid. “Daar word niks gesê oor veiligheidsmaatreëls nie. Ons moet elke dag kom werk en hoop en bid ons is nie die volgende teiken nie,” het die persoon gesê.

Teen druktyd was nóg die winkelsentrum se bestuur, nóg die polisie vir kommentaar beskikbaar. Die roofaanvalle is egter nie ontken nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button