CrimeLocal newsNews

Op en wakker om misdaad te voorkom

'n Verdagte is in die vroeë oggendure vir huisinbraak aangekeer danksy die gemeenskap se waaksaamheid.

Die gemeenskap se waaksaamheid het gelei tot die arrestasie van ’n man wat met verskeie huisinbrake verbind word.

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Sondag in die vroeë oggendure ’n verdagte in Flapoorstraat, Rooihuiskraal vasgetrek. ’n Uur voordat die man vasgetrek is, het ’n huisinbraak in Muisvoëlstraat in dieselfde woonbuurt plaasgevind.

Volgens Pierre Viviers, GPF Sektor 2-voorsitter, kan die man nie positief met dié huisinbraak van Sondagoggend verbind word nie, maar daar is ’n sterk vermoede dat hy betrokke was omdat hy by die erf van die huis, agter die huis waar daar ingebreek is, uitgestap gekom het.

Die gemeenskap en GPF-lede het die afgelope week hul oë en ore op die grond gehou nadat ’n aantal huisinbrake verlede week in die omgewing plaasgevind het, elke keer tussen vier- en vyfuur in die oggend.

Volgens Viviers is die man wat gearresteer is vroeër die jaar ook vasgetrek. “Hy het al verskeie sake rakende huisinbraak teen hom,” het Viviers gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button