Een van Waterkloof Vier in ongeluk
Een van Waterkloof Vier was Dinsdag in 'n ongeluk in Pretoria betrokke.
Een van die Waterkloof Vier is in ‘n hospital in Pretoria opgeneem na ’n ongeluk in Elarduspark.
Volgens ’n vertroulik bron is Reinach Tiedt Dinsdagmiddag om 14:15 op die hoek van Rubensteinweg en Conanstraat in ’n ongeluk betrokke. Hy is na Meulmed-hospital geneem met geringe beserings.
Volgens Lifemed woordvoerder, Frikkie Gous, was twee voertuie in die ongeluk betrokke.
Braam Kruger, woordvoerder van Emer-G-Med, het gesê ambulansdienste het vier pasiënte behandel.
Gous het gesê hulle het een pasient in ’n stabiele toestand na ’n privaat hospitaal in Pretoria geneem vir verdere behandeling.
Tiedt en Gert van Schalkwyk is op 11 Februarie op parool vrygelaat nadat hulle in 2005 skuldig bevind is vir die dood van ’n sluipslaper.
Tiedt se prokureur Oelof de Meyer was nog nie beskikbaar vir kommentaar nie.
