CrimeNews

GPF span nuwe tegnologie in om misdaad te bekamp

Met die druk van ’n knoppie kan die gemeenskap nou misdaadinligting met hul gemeenskaplike misdaadbestrydingsgroepe deel.

’n Nuwe en unieke toeps en webwerf om inligting rakende kriminele aktiwiteite tussen die gemeenskap en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) uit te ruil is nou aanlyn beskikbaar.

Met hierdie uitrol van Mybolobook poog die Lyttelton SAPD Sektor 3 GPF (LS3 GPF) om die gemeenskap sover te kry om met die druk van ’n paar knoppies misdaad en/of verdagte optrede aan te meld. Dit stel ook die groep in staat om vinnige en doeltreffende terugvoer aan die gemeenskap rakende misdaadtendense, -statistiek en ander tersaaklike inligting te gee.

Die LS3 GPF, wat die gebiede Cornwall Hill, Pierre van Ryneveld, Irene Farm Village, Monumentpark-wes en die gebied rondom die Smuts-museum bedien, wil die gemeenskap met hierdie nuwe aanlynstelsel meer betrokke kry om inligting aangaande kriminele aktiwiteite aan die GPF te kommunikeer.

Die aanlynwebstelsel en selfoon-toeps bied enige groeps- en gemeenskapslid die geleentheid om enige misdaadvoorval en/of verdagte persone en voertuie aan te meld deur middel van ’n rekenaar, tablet of selfoon. Hierdie inligting word verwerk en opgevolg deur die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) in Van Ryneveldweg wat die inligting op die stelsel se databasis te stoor. Hierdie data word dan gebruik om hoë misdaadgebiede te identifiseer en om misdaadpatrone en -tendense te bepaal.

Lede met die nodige toestemming kan al die voorvalle op ’n kaart op hul rekenaars sien en die stelsel as ’n elektroniese voorvalleboek gebruik. Daar is ook ’n soekfunksie waarmee voorvalle met behulp van ‘n rekenaar of selfoon opgeroep kan word om lede toegang tot inligting te gee soos byvoorbeeld ‘n verdagte nommerplaat wat voorheen aangemeld is.

Gemeenskapslede sal ook inligting op hul selfone of rekenaars van die groep oor misdaadstatistiek en ander belangrike LS3 GPF-inligting kan kry.

Enige gemeenskapslid kan na www.mybolobook.com op hulle rekenaars gaan en vir hul ’n profiel skep deur op ‘Create an account’ te kliek. Hulle kan dan die LS3 GPF-groep soek en daarby aansluit.

Vir volledige inligting gaan na die Facebook-blad van LS3 GPF of kliek op Mybolobook se ‘How it works’.

Mybolobook nooi alle misdaadbestrydingsgroepe uit om deel van die stryd teen en bekamping van misdaad te word. Gaan na www.mybolobook.com of stuur ‘n e-pos aan info@mybolobook.com om jou groep te stig waarby lede kan aansluit.

Daar is tans 24 geregistreerde en 153 aktiewe lede.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button