Local newsMunicipalNews

Vullishouernagmerrie op ’n einde

Staalvullishouer uiteindelik ná maande verwyder.

Selfs al het die Tshwane-metro die massiewe staalvullishouer by haar huis verlede Woensdag verwyder, sal Lena Coetzee van Rietfontein nooit weer die fout maak om een by die metro te huur nie.

Coetzee sukkel sedert Februarie om ’n staalvullishouer, wat sy by die metro gehuur het, te laat verwyder. Sy het sedert die huur van die houer ongeveer R1 600 aan onderhoudkostes verloor.

“Die metro het aan my gesê dat as hulle die houer kom oplaai en dit oorvol is, dan los hulle dit net daar. Dus het ek en my man seker gemaak dat die houer nooit oorvol is nie, maar dit het ons elke week ongeveer R100 gekos om die oorloopvullis na die vullishoop te neem.”

Uit desperaatheid het Coetzee vir Rekord genader in die hoop om die probleem op te los. “Dit is jammer dat ‘n persoon eers koerante toe moet hardloop om reaksie uit die metro te kry. Gelukkig het hulle verlede Woensdag die houer kom verwyder,” het ’n verligte Coetzee gesê.

“Ek wens inwoners wat staalvullishouers huur sterkte toe. Dit is baie maklik om die metro te kry om die houer af te lewer, maar om hulle so ver te kry om dit te verwyder, is ‘n ander storie,” het sy gesê.

Selby Bokaba, woordvoerder van die metro, het gesê hulle het omgewingsbestuur aangesê om die houers so gou moontlik te verwyder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button