CrimeNews

GPF in Weste staan saam

Die GPF's in die weste van Pretoria staan saam om misdaad in hulle gebied te beveg.

Die gemeenskap se oë en ore, die gemeenskappolisiëringsforum (GPF) van Pretoria-Wes en Hercules, het Dinsdag bymekaar gekom om voetpatrollie in Hercules sektor 2 te doen.

Volgens Louise Kuhn van die Hercules GPF wil hulle hê die inwoners moet weet hulle doen in die aand en dag patrollie.

“Die voetpatrollie is deur die Pretoria-Wes sektor 1 GPF en die Hercules GPF georganiseer. Inwoners moet sien dat ons beskikbaar is as hulle ons nodig het, en dat ons hulle sal bystaan tot die polisie opdaag,” het hy gesê.

Terwyl sekere lede voetpatrollie gedoen het, het ander ‘n wakende ogie oor voertuie gehou.

Kuhn het ook genoem dat hulle al die GPF-lede bymekaar wil kry vir toekomstige voetpatrollies.

Die GPF-lede beplan voetpatrollies vir verskillende gebiede, in die aand en gedurende die dag.

“Ons het al voetpatrollies in die aand en dag in samewerking met ander sektore gedoen. Ek het die voortou geneem om die voetpatrollie elke Dinsdag in verskillende sektore te doen. Ons moet met mekaar kommunikeer en saam staan om die patrollies ‘n sukses te maak,” het Kuhn gesê.

Sy het elke lid wat deelgeneem het, bedank.

“Ek vertrou ons sal in die toekoms meer lede vir voetpatrollies bymekaar kry.” Die volgende voetpatrollie sal in Hercules sektor 3 gedoen word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button