GalleriesLocal newsNews

Fakkel vir Jesus

Sameroeper Hennie Bekker het saam met sowat 50 gemeentelede voor die aanvang van die fakkelloop in die NG-kerk op die hoek van Ben Swart en 24ste lane eers ’n gebed gedoen en die genade en seën van die Skepper afgevra.

ʼn  Fakkelloop vir Jesus,  van die NG-kerk Villieria, het  gisteraand sover as wat die fakkels die straat afgegaan het die boodskap van liefde en welwillendheid versprei.

Menige honger hawelose het voor die aanvang van die intense koue ʼn warm kombers gekry. Sameroeper Hennie Bekker het saam met sowat 50 gemeentelede voor die aanvang van die fakkelloop in die NG-kerk op die hoek van Ben Swart en 24ste lane eers ’n gebed gedoen en die genade en seën van die  Skepper afgevra.

Die fakkelloop het saamgeval met die kerk se Saterdag ‘Gee’-basaar en is deel van die kerk se Pinkster uitreikaksie na naastes. Vir die jeug wat daaraan deelgeneem het, was die fakkelloop ʼn ondervinding dat geloof en naasteliefde ook ʼn positiewe avontuur kan wees.

Die prosessie met brandende fakkels het van 24ste Laan na Hertzogstraat en vandaar na Cordonia en toe na Ben Swart strate gegaan. Die fakkeldraers is vergesel met ʼn motor vol komberse , Bybels, geestelike boeke, sop en broodjies wat alles langs die weg aan hulpbehoewendes uitgedeel is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button