Local newsNews

Koue staan geen kans teen komedie

Vrydagaand se koue het geen impak op die gehoor van Chris Voster se Affairs vir Dummies gemaak nie. Die teater was stampvol vir die komedie.

Die Centurion-teater was Vrydagaand stampvol om Chris Voster se toneelstuk,  Affairs vir Dummies  te sien.

Die komedie, wat by Aardklop te sien was as Affairs vir Domkoppe, handel oor alles wat mans glo nie moet weet nie en sluit in alles van hoe om ’n skelmpie te kies, asook hoeveel kans op geluk jy het – glo nul.

Die mense wat Vrydagaand se koue aangedurf het om dié vertoning by te woon, was nie teleurgesteld nie.

“Ek is ’n reuse aanhanger van Chris Voster en het twee van my vriende gebring om sy werk vir die eerste keer te kom sien en hulle sodoende ook aanhangers te maak,” het Michelle le Roux gesê.

Haar vriende, Lucinda Evert en Stian Senekal, was opgewonde oor die vertoning.

“Ek het nog nie Chris se werk op die verhoog gesien nie, maar ek glo dit gaan ‘n belewenis wees,” het Senekal gesê.

Paula van der Berg en Louis Rossouw  was nog nooit voorheen by die Centurion-teater nie.

“Ons sien baie uit na die vertoning. Ons het onlangs van Bloemfontein hierheen verhuis, so die koue pla ons nie te veel nie,” het Rossouw laggend gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button