CrimeLocal newsNews

Pierre Spies se gastehuis naby Loftus beroof

Pierre Spies se gastehuis in Clydesdal, oos van Pretoria, is Dinsdagmiddag deur drie gewapende mans beroof.

Die polisie is steeds op soek na drie rowers wat Dinsdagmiddag op Springbok-rugbyspeler Pierre Spies se gastehuis naby Loftus toegesak het.

Drie platskerm TV’s en ander elektroniese toebehore is uit Spies se luukse gastehuis 12 on Brecher in Clydesdale gebuit.

Spies was glo nie by die gastehuis toe die diewe toegeslaan het nie.

Volgens polisiewoordvoerder kaptein Colette Weilbach het Spies se 25-jarige tuinier om 15:00 ‘n geluid by die hek gehoor en ondersoek gaan ingestel.

“Hy het op die rowers afgekom wat hom beveel het om saam met hulle die gastehuis binne te gaan. Toe hulle binne was, het die mans hom beveel om op die grond te lê en sy oë toe te maak,” het Weilbach gesê.

“Die tuinier het op die grond bly lê tot hy seker was hulle is weg. Hy is gelukkig nie beseer nie en was alleen in die gastehuis ten tyde van die voorval,” het sy bygevoeg.

Die Sunnyside-polisie ondersoek ‘n saak van sakeroof.

Persone met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan Crime Stop by 08600 10111 of die Sunnyside-polisie by 012-422-3662 bel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button