’n Voertuig het Vrydagmiddag deur ’n palisadeheining en betonmuur langs die N1-snelweg naby die Brakfonteinafrit in Centurion gebars en omgeslaan.
Volgens Braam Kruger, Emer-G-Med woordvoerder, het die bestuurder na bewering beheer oor die voertuig verloor terwyl hy op die N1 in ’n noordelike rigting gery het.
Die bestuurder het sy skouer beseer en ook ander minder ernstige beserings opgedoen, het Kruger gesê.
Die ongeluk het omstreeks 12:40 gebeur.
Daar was geen passasiers in die voertuig nie.
Die bestuurder is na die naaste hospitaal geneem.
Volgens ’n metropolisiebeampte kon die bestuurder nie onthou hoekom hy beheer verloor het nie. Die bestuurder was egter by sy volle bewussyn na die ongeluk.
