CrimeNews

Verdagte dreig man met die dood

“Wil jy vanaand doodgaan,” was die woorde van 'n verdagte wat sy wapen op 'n man gerig het.

’n Egpaar, ongeveer in hul vyftigs, het Vrydagaand vir hul lewens gevrees toe vyf jong mans hul motor voor hul huis in Doringkloof gekaap het.
Volgens Paul Weber, ’n lid van die Doringkloof Buurtwag, is die egpaar deur die verdagtes vanaf die kafee in Sonjastraat agtervolg.
“Toe die vrou uit die kar klim om die hek oop te maak, het ’n voertuig agter hulle gestop,” het Weber gesê.
Die vrou het vyf mans opgemerk, tussen die ouderdom van 19 en 23, waarvan drie gewapen was. Die bure in die omgewing het gesê hulle het ’n vrou hoor gil.

“Die man het probeer terugbaklei, maar is deur een van die verdagtes gebyt. ’n Ander verdagte het ’n wapen op hom gerig en gevra ‘wil jy vanaand doodgaan?’,” het Weber gesê.
Die man het ingegee en die verdagtes het met hul wit Mercedes Benz weggery.
Weber het gesê die vrou was erg getraumatiseerd.
Volgens Weber het die Doringkloof Buurtwag die sein van die vrou se selfoon, wat nog in die voertuig was, opgetel tot in Tembisa. “Ons het die inligting aan die polisie oorgegee,” het Weber gesê.
Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Dave Miller, kon teen Saterdagaand nie die voorval bevestig nie.  Volgens gerigte is inwoners van Centurion ook Donderdagaand erg geteiken, terwyl die krag in meeste woonbuurte af was.
Volgens Hannes du Buisson, voorsitter van Wierdabrug Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was die drie voorvalle ongeveer 40 minute uit mekaar. ’n Silwer BMW wat by al drie voorvalle betrokke. Omstreeks 18:30 het die verdagtes in die silwer BMW, tesame met ’n onbekende wit voertuig, ’n man van sy voertuig by sy huis in Wierdapark probeer kaap. Die man het sy dogter by hom in sy kar gehad.
Volgens Du Buisson het ’n verdagte ’n wapen op hom gerig en hom deursoek vir sy karsleutels. Intussen het die man se vrou die deur van die motorhuis oopgemaak en hul honde het uitgekom waarna die rowers in hul voertuig gevlug het.
In die tweede voorval is ’n voertuig uit die erf in Eldoraigne gesteel en in Rooihuiskraal het verdagtes ook voertuig probeer kaap.
Volgens Du Buisson was die silwer BMW ook by die misdade betrokke.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button