CrimeLocal newsNews

Elf in hegtenis ná polisie strate opruim

Elf vermeende misdadigers is Woensdag in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem.

Altesaam 11 vermeende misdadigers, waaronder nege onwettige immigrante, is Woensdagoggend van strate in die ooste van Pretoria deur polisie verwyder.

Die Garsfonteinpolisie het reeds vroegoggend die strate vir hul gereelde opruimaksie ingevaar en persone in die Lynnwood-, Garsfontein-, en Moreletaparkomgewings in hegtenis geneem.

“Ons het altesaam nege persone gevind wat óf nie die nodige identifiseringsdokumente of paspoorte by hulle gehad het nie óf in besit van vals ID-dokumente was,” het polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Dave Miller, gesê.

Die persone het meestal in die straat gestap of op straathoeke gestaan en werk soek.

Volgens Miller sal dié persone se besonderhede aan die departement van binnelandse sake vir verdere ondersoek verskaf word.

Die Garsfontein-polisie het ook, óók in die Lynnwood-omgewing, een persoon vir die besit van dagga in hegtenis geneem en ‘n ander is met sowat 60m se telefoonkabels in sy besit betrap. Dit is nie duidelik waar hy aan die kabels gekom het nie. Die polisie-ondersoek duur voort en die vermeende kabeldief sal binne 48 uur in die hof verskyn.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button