CrimeLocal newsNews

Mesaanvaller gaan dalk na Weskoppies

Beeldmateriaal wys hoe mesaanvaller 'n verkoopsagent in Johan Heynsweg aanval.

Die verdagte wat ’n dapper verkoopsagent in Januarie met ’n vleismes gesteek het, is moontlik van sy sinne beroof.

Hy gaan op 30 Junie weer in die landdroshof verskyn waar hy moontlik vir die tweede keer na Weskoppies-hospitaal vir waarneming gestuur gaan word.

“Die man was vroeër op borgtog vrygelaat, maar sy familie het kommer oor sy geestesgesondheid uitgespreek. Hy is nou weer in aanhouding tot sy volgende verhoor,” het luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie gesê.

Volgens Jerling het die verdagte geen vorige oortredings teen hom nie.

Peter Libisi, die slagoffer, is twee keer by Andry Louw Motors in Johan Heynsweg in die been gesteek na hy die vermeende motordief in sy spore probeer stuit het.

Die twee mans het in ’n stoeigeveg betrokke geraak, maar Libisi kon daarin slaag om na die kantoor te hardloop.

Die Moot-polisie is na die toneel ontbied en die man is in hegtenis geneem.

Maande later is Libisi dankbaar dat die verdagte weer in aanhouding is. “Ek hoop dat die man nie weer iemand sal seer maak nie.”

Hy het gesê sy linkerbeen raak so nou en dan seer, maar hy het ten volle herstel. Hy werk steeds by die motorhandelaarskap.

Vir die video, klik hier.

Lees meer hier: Verkoopsagent met mes gewond

Slagoffer herstel na mesaanval

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button